


![]() |
Die omgewing waar lees plaasvind moet lees bevorder. Dit help nie dat ‘n kind sy leesles voor die televisie probeer afhandel nie. |
![]() |
Sorg dat jou kind ‘n wye verskeidenheid van leesmateriaal by die huis tot beskikking het. Sommige kinders hou nie van boeke nie, maar flitskaarte, tydskrifte, strokiesprente en koerante is alles media wat lees kan bevorder. |
![]() |
Speletjies soos Scrabble en Boggle kan saam met kinders gespeel word en lees op ‘n informele wyse aanmoedig en vergemaklik. |
![]() |
Die Storieman reeks is ‘n uitstekende reeks wat lees en ouditiewe vaardigede ontwikkel. Self al kan jonger kinders nog nie goed lees nie, kan hul steeds na die storie luister en dit volg in die boek. |
![]() |
Stel ‘n voorbeeld van goeie leesgewoontes. Wanneer jou kind sien jy lees gereeld die koerant/’n boek/tydskrif sal daar ‘n liefde in die huis geweek word vir lees. |
![]() |
Lees elke aan ‘n bedtyd storie aan jou kind. Vir ouer kinders moet daar ‘n afwisseling wees tussen Engels en Afrikaans om beide tale te bevorder. Vra vrae gedurende die storie en nie eers aan die einde nie. |


